Paasnaweek-eina! Só styg petrol, diesel en gas op 1 April netwerk24.com 95-oktaan-petrol word op 1 April R1,60 duurder aan die kus en R1,62 duurder in die binneland. Foto: Theo Jephta Jan Tuisbly se karretjie het lank laas so aanloklik gelyk. ’n Liter 95-oktaan-petrol styg Woensdag op die vooraand van dié Paasnaweek met R1,60 aan die kus en met R1,62 in Gauteng. Daarvan is 80,5c die gesamentlike styging van die brandstofheffing en die Padongelukfondsheffing wat in Februarie in die begrotingsrede aangekondig is. Petrol in Gauteng styg met meer weens ’n verhoging in die heffing wat vir Transnet se pypleidings moet betaal. […]
Continue readingCategory Archives: News
Reën te laat vir vanjaar se mielie-oes
Reën te laat vir vanjaar se mielie-oes Die son sak oor ’n mielieland naby Bultfontein. Foto: Vida Booysen Die reën het te laat gekom om die huidige mielie-oes te red. Dít blyk uit die jongste oesskatting van ’n totale mielie-oes van 9,666 miljoen ton vir vanjaar wat Woensdag deur die Nasionale Oesskattingskomitee bekendgemaak is. Dié skatting is net 0,01% of 1 060 ton meer as die vorige skatting van 9,665 milj. ton wat ’n maand gelede uitgereik is. Dit is ook laer as die konsensus van tussen 9,8 en 10 miljoen ton van ’n peiling wat Reuters vooraf onder ’n groep ontleders gedoen het. Vanjaar se geraamde oes […]
Continue readingSterkte
Meiringspoort in die Wes-Kaap is steeds gesluit en verskeie voertuie was vasgekeer nadat die Grootrivier Maandagaand afgekom het. ’n Greyhound-bus met 72 persone aan boord was in die poort vasgekeer, asook ’n vragmotor, ’n polisievoertuig en nog ’n voertuig met buitelandse toeriste. Na bewering was die vragmotor en bus in ’n botsing betrokke weens water wat oor die pad gestroom het. RSG het laataand berig 24 passasiers is lig beseer in die botsing. Nooddienspersoneel by die ingang na die poort aan De Rust se kant sê passasiers het op die dubbeldekkerbus se dak geklouter en vandaar in ’n boom geklim […]
Continue readingInvoer van graan
Groot druk kan binnekort op Suid-Afrikaanse infrastruktuur, van die hawens tot by die meulens, geplaas word as die land groot hoeveelhede koring én mielies moet invoer. Weens die huidige droogte kan die land ’n tekort aan witmielies (ons grootste stapelvoedsel) hê, en Graan SA se nuutste skatting is dat ongeveer ’n miljoen ton ingevoer sal moet word. Die probleem, sê Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, is dat dié invoer eenrigtingverkeer die heelpad van die hawens tot in die binneland beteken. “Gewoonlik reis die treine of vragmotors met koring van die hawens tot by die meulens, en dan […]
Continue readingSa begin mielies invoer .
Suid-Afrika voer vir die eerste keer in 11 maande weer mielies in nadat die ergste droogte sedert 1992 plaaslike oeste verniel het. Volgens Reuters het Suid-Afrikaanse handelaars bestellings geplaas om ’n onbekende hoeveelheid geelmielies vir dierevoer vanuit Argentinië in te voer. Dit is tans goedkoper vir veeboere in die Wes-Kaap om mielies vir veevoer in te voer as om dit teen die huidige hoë pryse van die binneland af te vervoer. Die plaaslike prys van witmielies het reeds vanjaar met 27% gestyg, terwyl geelmielies nou 13% duurder is. Laat reën aan die einde van Februarie was nie genoeg om oeste […]
Continue readingTrucking thieves
http://carteblanche.dstv.com/player/804464 Please follow and like us:
Continue reading