Prys in greep van ystererts-oorlog

Prys in greep van ystererts-oorlog Woensdag 10 Desember 2014 05:00 Die prys van ystererts sal na verwagting verder daal omdat die opgehoopte voorraad laekoste-erts weens die swak vraag nie weggewerk word nie. JPMorgan Chase het sy vooruitsigte vir dié hulpbron tot in 2017 tot negatief afgeskaal. Dit het die pryse van mynboumaatskappye se aandele afgedruk. Die gemiddelde prys van ystererts kan in 2015 op $67 per ton, 24% laer as wat aanvanklik voorspel is, wees en in 2016 23% laer op $65, sê die bankgroep. Die prys was tot dusver vanjaar op gemiddeld $98,95 per ton, volgens Metal Bulletin.  Ystererts […]

Continue reading

Gel Insurance Customers

ONE Announcement: Stolen and Hijacked Vehicle Claims We continue to see a rise in incidents of stolen and hijacked vehicles. It is imperative to any possible recovery of the vehicle that we are notified of the incident as soon as possible. You are therefore requested to remind your clients to contact our call centers as soon as possible after they became aware of a loss. Our call centers will ensure that our network of agents is notified to start a search for the vehicle. HCV clients may contact the Truck Assist call centre on 0861000 493 or 0027 21 851 […]

Continue reading

Groot trokke straks gou van paaie verbied in spitsverkeer

Die departement van vervoer beoog ’n nuwe regulasie wat vragmotors met ’n gewig van meer as 9 000 kg verbied om in spitstydverkeer op die pad te wees. Dipuo Peters, minister van vervoer, het gesê beperkings op kommersiële vragmotors, soos dié wat diesel en boumateriaal vervoer, sal moontlik die padsterftes op Suid-Afrikaanse paaie verminder. Die publiek en belanghebbendes sal later vanjaar kan kommentaar lewer op die voorgestelde regulasies. “Die regulasies is in reaksie tot die stygende syfer van mense wat op ons paaie sterf en die noodlottige botsings tussen vragmotors en ligte voertuie,” het sy gesê. Volgens die voorgestelde regulasies kan ’n […]

Continue reading

Ofm: Nuwe gebou dui op vertroue in toekoms van media

’n Doelbewuste strategie is gevolg om te verseker dat enige ekonomiese voordeel wat uit hierdie projek sou spruit, in die plaaslike ekonomie sou terugvloei. “Ons het sover as moontlik probeer om plaaslike diensverskaffers in die bouproses te gebruik, soos plaaslike argitekte, bourekenaars, boukontrakteurs en selfs subkontrakteurs.” Hy is vol lof vir die plaaslike kundigheid wat verseker het dat die projek binne begroting en betyds voltooi word. Die gebou, wat volgens die nuutste omgewingsvriendelike beginsels deur Roodt-argitekte ontwerp is, het heelwat energiebesparende kenmerke. “Ons maak sover as moontlik van natuurlike beligting gebruik, met groot, dubbelgeglasuurde vensters aan albei kante van die […]

Continue reading

Invoer-draak dreig vir mielies en koring

   Ligte reën op plekke in die laaste twee weke was nie genoeg om ’n betekenisvolle verskil aan die mielie-oes te maak nie, meen Graan SA. Die jongste ramings oor hoeveel mielies ingevoer sal moet word, wissel van 600 000 ton, die amptelike minimum skatting deur die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR), tot 935 000 ton, Graan SA se nuutste skatting. Die NLBR het in sy amptelike skatting bygevoeg dat ’n bykomende 300 000 ton geel mielies dalk ingevoer sal moet word as daar nie genoeg wit mielies vir die veevoermark is nie. Graan SA het op 16 Maart sy aanvanklike invoer-raming van 1,65 miljoen ton tot […]

Continue reading