Die mielie-oesskatting vir die 2015-’16-bemarkingsjaar is 31% laer as verlede seisoen, weens die wydverspreide droogte in Januarie en Februarie. Hoewel reën die laaste paar dae oor die Vrystaat heen uitgesak het, het dit te laat gekom. Verdere reën word ook nie binnekort verwag nie. “Indien dit nou baie sou reën, sou dit in elk geval te laat wees,” sê prof. Kobus Botha, weerkenner. Hy sê ’n redelike kans vir donderbuie oor die provinsie bestaan oor die naweek en Maandag, maar daarna verskraal dit baie. Volgens Botha het reën die laaste tyd kol-kol in die Vrystaat geval. Michael Nethavhani, weervoorspeller in […]
Continue readingTag Archives: gelgroup
Droogte
Boere in droogtegeteisterde gebiede in Noordwes kan die seisoen tot ’n 60% kleiner oesopbrengs as normaalweg verwag. Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, versleg dié situasie by die dag. Plase in die Lichtenburg-, Sannieshof-, Delareyville-, Mareetsane- en Kameel-omgewing word veral erg geraak. “Goeie reën nou gaan nie gewasse red nie, maar dit kan ’n groot verskil maak in winterweiding, want die hitte, min reën en veldbrande het weiding drasties verminder.” Willem Pretorius, wat naby Kameel met grondboontjies en mielies boer, het vandeesweek gesê toestande is kritiek en sommige boere verwag geen oes nie, al kry hulle binnekort […]
Continue reading

