Die prys van mielies gaan met tot 30% styg as die droogte in groot dele van die mieliestreek nie nóú verlig word nie, het Graan SA Vrydag gesê. Mielies het reeds skade opgedoen weens die gebrek aan reën in die noordweste van die Vrystaat en in Noordwes. Mielies in Mpumalanga en Oos-Vrystaat is “in die algemeen in ’n goeie toestand”, maar ook dié streke het dringend reën nodig. Die afgelope week het die prys van witmielies reeds met 13% gestyg, die grootste styging sedert Maart verlede jaar. As dit binne die volgende tien dae reën, sal die oes “gemiddeld” wees, […]
Continue reading