NOK verwag kleiner koringoes

Droogte het nie net vanjaar sy merk op die somergraan-oeste gelaat nie, maar die koringoes wat eersdaags in die Wes-Kaap gestroop word, sal na verwagting ook heelwat kleiner wees. Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het sy skatting van die koringoes met 3,3% tot 1,64 miljoen ton verlaag weens die droogte in die Swartland, waar tot twee-derdes van die land se koring verbou word. Volgens André Kirsten, ’n koringboer van Darling en lid van Graan SA se bestuur, is vanjaar die droogste jaar op rekord vir die Swartland. “Daar is plek-plek totale misoeste aangeteken, terwyl daar weer ander dele van die Swartland is waar […]

Continue reading