Markverslag 3 Junie 2015

Internasionaal: Die dollar het gister sterk negatief verhandel. Fundamentele faktore in die mark; soos goeie aanplantingsvordering, gunstige groei weers-toestande en swak uitvoersyfers; is tans prysnegatief vir Amerikaanse graan en oliesade, maar die swakker dollar het sterk ondersteuning gebied vir pryse in gister se verhandeling. Koring het verder ondersteuning gekry uit idees dat die onlangse reënval die oes verder gaan beskadig. Plaaslik: Vanaf gistermiddag 12h00 verhandel markte soos volg: VSA mielies verhandel tans 5 sent op, op die Julie 2015 kontrakmaand. Die rand verhandel 11 sent sterker teenoor die VSA dollar. Die indeks is dat die mark vandag positief kan beweeg. […]

Continue reading