Internasionaal:
Die dollar het gister sterk negatief verhandel. Fundamentele faktore in die mark; soos goeie aanplantingsvordering, gunstige groei weers-toestande en swak uitvoersyfers; is tans prysnegatief vir Amerikaanse graan en oliesade, maar die swakker dollar het sterk ondersteuning gebied vir pryse in gister se verhandeling. Koring het verder ondersteuning gekry uit idees dat die onlangse reënval die oes verder gaan beskadig.
Plaaslik:
Vanaf gistermiddag 12h00 verhandel markte soos volg: VSA mielies verhandel tans 5 sent op, op die Julie 2015 kontrakmaand. Die rand verhandel 11 sent sterker teenoor die VSA dollar. Die indeks is dat die mark vandag positief kan beweeg. VSA sojabone verhandel 6 sent op op die Julie 2015 kontrakmaand en die indeks op sojabone is negatief. VSA Koring verhandel op. Geen nuwe invoere word vir die afgelope week gerapporteer. Daar word 5 459 ton WM en 3 242 ton YM se uitvoere gerapporteer.
Wisselkoers:
Die rand verswak gister deur die dag heelwat. Dit volg op beleggers wat bekommerd is oor swak ekonomiese groei wêreldwyd, wat beleggings in meer riskante lande ontruim. Die rand verhandel egter later sterker nadat die SARB aankondig dat ‘n verlaging in rentekoerse baie onwaarskynlik is, ten spyte van swak ekonomiese groei plaaslik. Die rand verhandel tans op R12.19/$. In Asië verhandel die Nikkei laer op 20455.92. Die Amerikaanse Dow Jones is swakker op 18011.94. Die USD verhandel tans swakker op $1.1184 teenoor die euro. Goud verhandel hoër op $1192.86 terwyl olie sterker is op $65.11.
Verslag deur VS Mielies
Markverslag 3 Junie 2015
Please follow and like us: