Droogte plek-plek ergste in meer as 20 jaar

Terwyl boere Woensdag landerye met verdorde mielies hier afgesny het, is misoeste in dié omgewing as die ergste in meer as 20 jaar beskryf. Johan Rautenbach het gesê hy sny sy mielies in die grond in, omdat hy niks anders daarmee kan maak nie. “Die mielies dra geen koppe nie, daar is geen voedingswaarde vir kuilvoer nie.” Twee weke gelede het boere nog gehoop op reën wat hul landerye kon red, maar buiten ’n paar druppels wat verspreid geval het, het voldoende reën nooit gekom nie. Rautenbach sê net wat insetkoste betref, verloor hy R8 000 per hektaar. By die graansilo, […]

Continue reading