Kaapse Koringboere 

Suid-Afrikaanse boere wat finansieel swaarkry weens die huidige droogte, het ’n bemoedigende boodskap van die vier groot handelsbanke en die Landbank gekry op Graan SA se Nampo-oesdag naby Bothaville.
Die land se graanboere in die noorde en suide van die land beleef tans ernstige kommer oor weerstoestande.
In die Wes-Kaapse koringproduksiestreke het dit tot dusver hierdie seisoen nog byna niks gereën nie en baie boere het hul koring in kurkdroë grond geplant. In die noorde oes boere op die oomblik grane soos sojabone en mielies, en Graan SA sê alle inligting wat hy tot dusver oor die huidige oes ingewin het, dui daarop dat dit ’n ondergemiddelde oes sal wees.
Dit is die gevolg van uiters droë en warm tydperke in Januarie en Februarie toe die plante juis baie vog nodig gehad het om ’n behoorlike opbrengs te kon lewer.
‘Droogte maak ons beter boere’
Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, het op ’n mediakonferensie by Nampopark gesê die boodskap wat die organisasie gekry het in sy gesprekke die afgelope twee dae met die banke is dat hulle boere sal help om die krisis te oorleef.

Please follow and like us: