Kumba kou klippe oor swak prys vir ystererts

Kumba Iron Ore, ’n filiaal van Anglo American, het aangekondig sy wins in die afgelope boekejaar het met tot 31% geval, grootliks weens die daling in die prys van ystererts.

Wesensverdienste gaan na verwagting R10,6 miljard beloop, vergeleke met R15,4 miljard in 2013.

Die swakker rand-dollar-wisselkoers in die jaar kon nie die daling in die metaal se prys vergoed nie. Ystererts het in die jaar 47% goedkoper geword, terwyl die rand met 9,3% teenoor die dollar verswak het.

Kumba reik sy resultate op 10 Februarie uit.

Kumba se aandeelprys het teen 15:30 met 1,95% gedaal tot R224,30. 

 

Please follow and like us: