Petrolprys: Maart-styging tans 73c per liter.

Die skerp styging in die olieprys die afgelope weke bring die onderverhaling op 95-oktaan-petrol nou al op 73c per liter te staan en op diesel op 69c per liter.

Die rand het die afgelope week van die swakste vlak sedert Maart 2002, R11,89 per dollar, terugbaklei en het Dinsdagoggend om 08:00 teen R11,64 per dollar verhandel. Volgens die Sentrale Energiefonds se daaglikse berekening speel die wisselkoers in dié stadium bykans geen rol in die onderverhaling nie.

Die brandstofprys vir Maart word oor 10 dae, op 27 Februarie, aangekondig en die onderverhaling kan dus nog heelwat skommel.

Please follow and like us: